Impressie 6
Een verhaal in het Afrikaans
Aankomst: 5 april 2003 | Vertrek: 28 mei 2003 | Gereden km: 27.000 km |
Route: Kaapstad – vliegen naar Durdan – Pietermaritzburg – Bloemfontein – Kimberley – Upington – Kgalagadi Transfrontier Park – Augrabies N P, Nababeep – Richtersveld NP |
Een verhaal in het Afrikaans naar aanleiding van ons bezoek aan het Augrabies Nationaal Park. In plaats van het trachten onder woorden te brengen van de indruk die deze omgeving en de waterval op ons maakte, kiezen wij er voor om deze oude geschiedenis weer te geven van de jonge Bushman en de diamanten in de Oranjerivier die in vroegere tijden de Garieprivier werd genoemd.
Die legende van die Gariep monster.
Van antieke tye af word sy gesien. Lang slangagtige dier met skubbe op haar kronkels wat blink in die maanskyn tussen die golwe van die Garieprivier. En op haar kop ……….. blitsende steen scos helder diamant waaruit die weerlig slaan. Die Boesman het geweet, kry jy daardie steen in die hande, dan zal jy daar vir ewig gelukkig wees – maar betrap sy jou met die steen – dan vang sy jou in haar kronkels en trek jou onder die water in, naar haar nes toe, waar jy verslind word onder die donker bruin skuimende maalgate van die Augrabies waterval!
Eeue gelede het jong Boesman gesien hoe sy haar blink steen tussen die riete wegsteek net voor sy haar oggendete nuttig. Die steen blink so erg dat hy sy oë op skrefies moet trek terwyl hy laag deur die riete na die steen toekruip….. hy loer oor sy skouwer – ja sy vreet nog rustig …… sonder geluidjie kruip hy nog nader…. nader…. en toe hy by die steen is, gooi hy blitsvinnig sy jakkalskaros or die steen sodat die helder lig van die steen hom nie verblind nie. Hy druk die steen styf tusse sy twee hande vas en hol soos die wind langs die rivieroewer op, toe deur die vlakte en aan die voet van die Renosterkop steekt hy dit in diep skeur die rotse weg.
Van daardie dag af, is die jong Boesman die gelukkigste mens op aarde. Sy vyande het kom vrede maak, op jagtogte skiet hy net nooit meer mis met sy pyl en boog nie en die wild bly volop …… net een ding pla hom, saans met volmaan dan hoort hy in die aandwind ….. hoe sy huil.
Die Gariepmonster soek onophoudelik na haar steen. Niemand kan haar help nie. Nie geelvis nie, nie likkewaan nie, nie visarend nie, nie bobbejaan nie. Maar eendag vra sy toe vir otter of hy nie gesien het wat van haar steen geword het nie. Hy vertel haar toe van die geel twee-been dier wat die steen in die jakkalskaros toegevou het en daarmee weggehardloop het. Die jong Boesman het egter by springhaas gehoor dat die Gariep monster warm op sy spoor is en toe kry hy die blink idee om die steen uit die rotsskeur by die Renosterkop te gaan uithaal en dit weer tussen die riete by die water te gaan versteek – presies waar hy dit gekry het!
Dieselfde nag nog terwyl die Boesmans om die vuur dans en sing, brult haar stem soos: “een van julle het my steen gesteel”! Daar kom rook en vlamme by haar bek uit. Die Boesmans ontken dit en sidder van vrees. Net een jonge antwoord dapper en bied aan hom haar te help soek. Dit is dieselfde jong Boesman wat die steen gesteel het. Hy neem haar na die riete toe en maak asof hy soek. Skielik roep hy hard uit: “sien jy, jy het net sleg gesoek, hier is jou kosbare steen!”
Die Boesmans het toen vir die jong dapper man eretitel gegee en hom met geskenke beloon omdat hy die Gariep monster weer gelukkig gemaak het. Met volmaan dans hulle tot dagbreek toe om die vure want sy huil nie meer in die nagwind nie. En net voor die son opkom, hoor hulle daar lag gedruis soos die Garieprivier wat in vloed is, soos die geluid van baie druppels na lang droogte.
Vandag nog, al is die Boesmans lank reeds weg, sien jy als jy gelukkig is, waneer sy met volmaan in die Garieprivier se golwe baljaar, tussen haar blink kurwende kronkels, die blitsende steen op haar kop.
En die jong Boesman was vir die res van sy lewe gelukkig, al het hy nie meer die steen gehad nie. Hy het stokoud geword, met kinders en dosyne kleinkinders en agterkleinkinders. Maar met volmaan om die vure, was hulle vir hom bang ….. sy oë het vreemd geblink wanneer hy so skelmpies loer, net so af en toe, na die riete, daar aan die Gariep se oewer.